In:
Journal of Applied Ecology, Wiley, Vol. 58, No. 11 ( 2021-11), p. 2590-2602
Kurzfassung:
Mikrobiese grondgemeenskapsamesmelting, waar mikrobiese gemeenskappe onder nuwe toestande vermeng en op mekaar reageer, is ’n wydverspreide verskynsel, al dan die toepaslikheid daarvan vir doelgerigte wortelmikrobioom‐samestelling onbekend is. Die vraag is hetsy grondvermenging voorsienbare resultate kan lewer in terme van gemeenskapssamestelling en die werkverrigting van spesifieke mikrobiese groepe, o.m. N 2 ‐bindende rhizobiumbakterieë. Ons maak gebruik van 'n peulgewas wat vir grond met ontoereikende voedingswaarde aangepas is, en toets die uitwerking van gemeenskapsamesmelting op plantvoeding, en die werking van die rhizobiumbakterieë wortelknopsimbiose. Saailinge van rooibos [ Aspalathus linearis (Burm.f.) Dahlg.] is in aparte risosfeer grond gegroei, versamel rondom gekweekte en wilde rooibosplante. Mengsels van bg. is ook gemaak, en bemes. Gedeeltes van die taksonomiese gyrB en die simbiotiese nodA genetiese merkers is gebruik om die samestelling van rhizobiumgemeenskappe in rooiboswortelknoppies onder die verskillende grondtoestande te tipeer. Plantvoeding én groei het grotendeels by gemeenskapsamesmelting deur grondmenging gebaat. Ons vind ook 'n wisselwerking met bemesting, wat gelei het tot veranderinge in die taksonomiese eweredigheid van rhizobiumbakterieë, asook hoër relatiewe N 2 ‐binding. In die gemengde, bemeste grond is besondere rhizobiumbakterieë uitgeken wat hoër N‐fraksies van N 2 ‐binding getoon het. Ons bevindings toon dat die samesmelting van mikrobiese grondgemeenskappe met bemesting meewerk tot verbeterde plantgroei, en dat die samestelling van alternatiewe simbiotiese rhizobiumgemeenskappe opnuut voedingsvoordele vir plante bied. Samevatting en toepassing . Die kombinasie van grondvermenging en bemesting kan 'n belangrike maatreël wees om die werking van rhizobium‐simbiose in peulgewasse te verbeter. Die samesmelting van mikrobiese gemeenskappe is moontlik ’n doeltreffende meganisme om die werking van die plantmikrobioom te versterk.
Materialart:
Online-Ressource
ISSN:
0021-8901
,
1365-2664
DOI:
10.1111/1365-2664.13995
Sprache:
Englisch
Verlag:
Wiley
Publikationsdatum:
2021
ZDB Id:
2020408-5
ZDB Id:
410405-5
SSG:
12
Bookmarklink