Your email was sent successfully. Check your inbox.

An error occurred while sending the email. Please try again.

Proceed reservation?

Export
  • 1
    Online Resource
    Online Resource
    LitNet Akademies ; 2022
    In:  LitNet Akademies Vol. 19, No. 2 ( 2022-06-29)
    In: LitNet Akademies, LitNet Akademies, Vol. 19, No. 2 ( 2022-06-29)
    Abstract: Hierdie artikel het ten doel om vir die leser iets van die denkwêreld van die gewilde 13de-eeuse Persiese digter en Soefi-mistikus, Jalāl al-Dīn Muhammad Rūmī, te bied. ’n Afrikaanse vertaling van sy beroemde gedig “Die rietfluitlied” – die 18 aanvangsreëls uit sy monumentale werk die Mathnawí, waarin sekere kardinale Soefi-leerstellings weerspieël word – word ontleed en geïnterpreteer ten einde Rumi se leerstellings uit te lig. Daar word gekyk na die resepsie van sy werk in die Weste en veral na die impak wat dit in die Suid-Afrikaanse konteks gehad het. Sommige vertalings van sy werk word vermeld en daar word op gewys dat sekere vertalers sy digkuns gesekulariseer en gekommersialiseer het. Daar word dan met hierdie artikel ook gepoog om Rumi binne die mistieke Soefi-raamwerk waaruit hy geskryf het, te plaas. Wie Rumi was en beknopte biografiese besonderhede oor hom word gegee. Sy sienings word dan onder die loep geneem, waarna die Mathnawí kortliks bespreek word. Dit is wel so dat vertaling al dikwels beskryf is as die kuns van noodwendige verlies (Morgan 2010). Matsumato (2009:37) wys egter daarop dat Rumi basies in beelde gedink het, en dat sy mistieke poësie hoofsaaklik deur middel van metafore oorgedra word. Daar word dus aangevoer dat sy gedigte vir die niebrontaalsprekende leser in vertaling toeganklik en verstaanbaar kan wees. Hier word ’n Afrikaanse vertaling van die gedig, wat sover vasgestel kan word die enigste weergawe in Afrikaans is, benut. Die gedig word vervolgens ontleed en geïnterpreteer met ’n fokus op metafore en beelde en daar word uitgewys waar daar ooreenstemming met die Christelike mistiek is.
    Type of Medium: Online Resource
    ISSN: 1995-5928
    URL: Issue
    Language: Unknown
    Publisher: LitNet Akademies
    Publication Date: 2022
    detail.hit.zdb_id: 2585884-1
    SSG: 6,31
    Library Location Call Number Volume/Issue/Year Availability
    BibTip Others were also interested in ...
Close ⊗
This website uses cookies and the analysis tool Matomo. Further information can be found on the KOBV privacy pages